Exxaro
Pro Arte Alphen Park se dramadepartement het geskiedenis gemaak, toe Graad 11-leerders voor 400 Exxaro kongresgangers, waaronder internasionale sprekers, by die Arnot-myn opgetree het.
Exxaro het die skool genader om ‘n produksie oor volhoubaarheid by sy nasionale kongres aan te bied. Hulle het op Pro Arte besluit, omdat die skool welbekend vir sy omvattende kunsonderrig is. Die Dramadepartement moes die draaiboek skryf en die produksie saamstel. Mnr Wesley Beyers (Tale), met sy graad in Joernalistiek het die draaiboek geskryf, terwyl me Wilmarie Pretorius en Heino du Plessis die produksie bestuur en geredigeer het. Die produsie is vir verspreiding en gebruik, verfilm.
Wesley Beyers het self die musiek vir die produksie geskryf en opgeneem. Die dramaleerders wat deelgeneem het is: Simone Naicker, Ihsaan Moodaley, Deveney Ramagoshi, Thato Kwanaite, Hashika Gareeb, Sweetness Motsepe, Zizipo Dani, Zikhona Dlephu en Amanda Pretorius.
Simone sê: “Soos met enige produksie was daar goeie en slegte oomblikke, maar ons het hard gewerk en sukses behaal. Dis hoe toegewyd ons dramaleerders is! Ons het sterrestelsels meer ontvang as wat ons verwag het. Voor die tyd het ons senuwees lekker geknaag om voor 400 mense op te tree, maar ons het hul stoutste verwagtinge oortref en ‘n meesterstuk aangebied. Pro Drama! Pro Sterre!
English
To break a leg, one needs to put one’s foot out, and literally put one’s best foot forward!
That is exactly what our Grade 11’s did, when they did a play on sustainability at an international congress for the well-known mining group, Exxaro. The performance took place at the Arnot mine where Exxaro’s congress was held. Our Grade 11’s did a stunning performance for 400 guests, including international speakers. Exxaro approached our school, because we are a reputable art school.
Our Drama department had to write the script and put the performance together, which was also filmed for distribution. Mr. Wesley Beyers (Language), who has a Journalism degree, wrote the script. Mr. Beyers also recorded the the sound record of the production.
The learners who participated are: Simone Naicker, Ihsaan Moodaley, Deveney Ramagoshi, Thato Kwanaite, Hashika Gareeb, Sweetness Motsepe, Zizipo Dani, Zikhona Dlephu and Amanda Pretorius.
Simone says: “As with any production, we experienced ups and downs, but we worked hard and succeeded, because that is how awesome our Drama learners are! We got galaxies more than we expected!
Although we had an enormous adrenaline rush, before performing in front of 400 guests, we came out tops!” Pro Drama! Pro Stars!